Gedagte vir die dag: Liefde is gelyk aan dade

hart_boom_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (1 Johannes 3:18)

Ons het die volmaakte liefde leer ken: dit is dat Christus sy lewe ter wille van ons afgelê het. Só moet ons ook ons lewens prysgee ter wille van ons broers en susters. Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broer of suster sien gebrek ly, maar weier om ’n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon? Laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings. (1 Johannes 3:16-18)

Liefde is ’n werkwoord! Dis nie net ’n mooi verjaarsdagkaartjie of ’n terloopse “Ek is lief vir jou!” nie. Ware liefde beteken om opofferings te maak, te wys dat jy meegevoel het met iemand en ’n mens se eie gerief ter wille van iemand anders prys te gee. Ware liefde beteken dat ’n mens se woorde deur aksies gerugsteun word.

Hoe kan ons liefde wys binne die gesin? Deur te luister wanneer iemand praat. Deur te help wanneer daar werk is om te doen. Deur goed te deel, dankbaarheid uit te druk of iemand anders eerste te laat kies, is alles klein en eenvoudige maniere om liefde aktief sigbaar te maak.

Ons kan ook buite ons huisgesin liefde betoon deur kos en klere en skoolbenodigdhede te skenk. Ons kan bid vir mense wat swaarkry of ekstra steun nodig het. Ons kan dalk selfs by ’n sopkombuis gaan help, of help om kospakkies uit te deel aan mense wat dit nodig het.

Here, U wil hê ons liefde moet meer wees as net woorde. Wys ons hoe om vandag na die mense rondom ons uit te reik. Dankie dat U ons so liefhet! Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.