Gedagte vir die dag: Volmaakte liefde

hart_klip_hand_stiltetyd.jpg

(Foto: pixabay)

God het sy volmaakte liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang. (1 Johannes 4:9)

Die skrynwerker van Nasaret, wat vir die eerste keer in ’n houtkrip gehuil het, toe met splinters in sy hande en eindelik met spykers in sy palms, het God se volle toorn oor ons verdra – omdat Hy ons liefgehad het.

Dit help om “God het die mensdom só liefgehad” persoonlik te maak. Christus het nie vir die wêreld of vir die kerk in die algemeen gesterf nie, maar vir mense in die besonder. Elke gelowige se naam is in die Boekrol van die Lewe opgeskryf. Juis wanneer jy die swaarste kry, gee Hy spesifiek vir jou om.

God se kinders het nog altyd hulle eie swaarkry in perspektief gestel deur na Christus s’n te kyk. Kan jy na die gekruisigde Christus kyk en God steeds verwyt omdat Hy nie genoeg doen om sy liefde vir jou te wys nie?

Wanneer ek dink aan my kruise, probleme en versoekings, skaam ek my amper dood as ek hulle vergelyk met die lyding van my geseënde Verlosser, Christus Jesus. – Martin Luther

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Danie ·

Dit is my uiterste begeerte dat die mensdom elke dag hieraan moet dink dan sal ons nie hierdie hel op aarde he nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.