Gedagte vir die dag: Liefdesdade

hart_strand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die liefde van Christus dring ons. (2 Korintiërs 5:14)

Hoeveel skuld jy die Here? Het Hy al ooit enigiets vir jou gedoen? Het Hy jou sonde vergewe? Het Hy jou naam in die boek van die lewe aangeteken? Doen dan iets vir Jesus wat sy liefde waardig is.

Hoe sal jy voel as jou Meester kom en jy moet bely dat jy niks vir Hom gedoen het nie? Dink aan hoe lief Hy jou gehad het en Homself vir jou gegee het. Ken jy die krag van daardie liefde? Laat dit dan soos ’n kragtige wind deur jou siel waai en die wolke van wêreldsheid en sonde wegwaai. Rig jou hart op God en vereer Hom met dade van innige toewyding.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anoniem ·

Dit is mooi om te sien dat 74% van die lesers n lewende verhouding met God het maar dan vra ek myself die volgende vraag as ek na die kommentaar lees kan dit regtig 74% wees. Lees self dan besluit jyself. Die beste toets wat daar is om jouself te vra is. Hoe lief het jy God en hoe lief het jy jou naaste op n skaal van 1 tot tien en as daar n verskil is dan moet jy weet jou verhouding is nie so lewendig soos jy dink nie want Die Woord van God wie God self is se daar is net twee gebooie jy moet die Here jou God lief he met jou hele hart,siel krag en verstand en die tweede wat gelyk staan met die eerste is jy moet jou naaste net so lief he. Sonder die liefde is jy niks

ANDRIES ·

Is daardie 4% wat sê hulle glo nie aan God dan blind,kan hulle nie eers net die veranderinge in seisoene sien nie.Ai dis te erg vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.