Gedagte vir die dag: God se liefdesverhouding gebaseer op sy goedheid

koring_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting. Hy ken elke mens wat op Hom vertrou. (Nahum 1:7)

Te midde van die wanhoop het Juda Nahum se woord van God af ontvang: God is goed; ’n mens kan op Hom vertrou; Hy ken dié wat op Hom vertrou persoonlik; Hy sal jou in die slegste tye beskerm; Hy sal jou vyande verslaan. Vertrou jy op God om te doen wat vir jou goed is?

U is goed. Die bose kan nie op enige deeltjie van U aanspraak maak nie. U het my in u goedheid lief. U wil net die beste vir my hê. Dit is presies wat ’n liefdesverhouding behels, om net die beste vir mekaar te begeer. Ek laat vaar nou my wanhoop. Ek het hoop. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

ChrisE ·

Dit is jammer almal in die land lees of ken nie die gedeelte van die Bybel nie. Ek het nou nie ‘n saak met ongelowiges/heidene of anders gelowiges nie. As jy nie jou vertroue in God stel nie, het jy moeilikheid. Ons bid kom help ons, red ons, maar wat doen ons. Ons wil wet in eie hande neem. Ons wil dit doen of dat doen. Ons stel ‘n mosie van wantroue in God deur ons aanhoudende gekerm en gekla. Hy sal ingryp op Sy tyd. Hy sal intree op Sy tyd. Hy wil ons op ‘n plek hê waar Hy wil hê. Hoe bid ons? Om Sy wil te laat geskied of ons wil. Wie moet wie behaag, Hy vir ons, of ons vir Hom. Ons moet wakker word/skrik voordat Hy sy hand van seën, genade en barmhartigheid finaal van ons onttrek. Ons het in die land nog nie swaar getrek soos ons voorgeslagte nie. Ek dink hier aan die Anglo Boere oorlog toe die Engelse aanslag op ons mense was. Die depressie jare van die dertigs, die tweede wêreldoorlog wat ‘n impak op ons land gehad het. Dit help nie om massa gebedsdae uit te roep die mense tot “inkeer/bekering” te roep nie. Na die reen in die Kaap geval het, het ek nog nie van ‘n dankseggings gebedsdag gehoor nie. Ons moet oppas, God is nie ‘n noodwiel nie. Hy laat nie met Hom speel nie.

Anoniem ·

Koos, ek neem eksepsie teen jou neerhalende woorde. Dis lasterlik.

Mari ·

In die wereld waar onreg seevier , raak mens as Christen moedeloos. Selfs in die kerk verband stel nie eers die dominee belang om vir mens te bid as daar ‘n krisis in mens se gesin is nie. Dit voel asof die Here my eks man meer seen terwyl sy kind as stuent moet sukkel sonder finansiele hulp vd pa. Mens bid en bid en raak moeg en uitasem van smeek. My geloof rafel uit….

SNEL ·

Mari, ek voel jou pyn en hartseer oor die onregverdigheid en as mens gebed nodig het, daar is niemand om te vra om saam te bid nie, en die mense op wie jy gedink het jy kan vertrou laat jou in die steek. Al wat ek kan sê is; hou vas aan die Here, moet nie dat die vyand leuens in jou kop saai nie en onthou altyd, selfs in die kerk het die vyand mense wat mens moedeloos wil maak. Hou jy net vas en staan vas in gebed met jou oë op die Here en lê alles voor Sy voete. Hy gee hulp, redding en uitkoms op die regte tyd, nooit ons tyd nie. Lees Psalm 73 en dan Psalm 62. Ek sal vir jou en jou seun bid. Niks so kragtig en kosbaar soos gebed nie. Staan jy net sterk, hou vas aan die Here en Sy Woord, volhard in gebed, fokus op God en nie mense nie en laat die Here se Wil geskied. Romeine 8:28.

SNEL ·

Wat vir my totaal geheel en al verstom; is dat mense nie kan glo daar is n God nie. Oral word daar gepraat van B. C en A. C (Before Christ en After Christ). Nou vra ek, hoekom sal hulle nou so praat as Christus nooit bestaan het nie, is geskiedenis boeke dan verkeerd geskryf? Dan, van al die hordes gelowe is dit net die Here se Naam wat ydel gebruik word. Hoekom, want in die mens se hart weet hy dat God bestaan, al ontken hy dit. Hy as mens wil op die troon sit en regeer en daarom probeer hulle op so manier God uitlok en maak en wys asof hulle dit kan doen en wegkom daarmee. God het tyd in Sy hand, Hy laat nie met Hom mors nie en hulle dag sal kom. Dan, van al die hordes gelowe sê net die Bybel dat ons as Christene gespot en verneder sal word, nou wonder ek weer, hoekom net ons as die Bybel dan nie waar is nie, dan moet die ander gelowe dit mos ook verduur, so, dis net ons Christene wat dit deur maak, so dan MOET die Bybel mos waar wees as ons gespot, uitgelok word met vrae en gemartel en verneder word, en God wat die Woord aan ons gegee het bestaan dan werklik, want hoekom anders sal dit wat in n eeue oue Boek staan dan daagliks gebeur en afspeel soos die Auteur gesê het dit gaan gebeur?

ChrisE ·

Koos gaan jou eie gang en probeer (traai) Hom. As jy jou eie pad en wil wil volg, is jou saak. Sterkte. Hy sal nie vir jou kwaad wees nie.

Mari ·

Liewe “Snel” . Dankie dat jy vir ons sal bid. Ons waardeee dit en dankie vir die bemoediging , jy het my baie hoop gegee. Pas jouself mooi op want daar is nie meer omgee mense soos jy nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.