Gedagte vir die dag: God se liefdesverhouding gebaseer op sy goedheid

koring_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here is goed. In tye van nood is Hy ’n veilige vesting. Hy ken elke mens wat op Hom vertrou. (Nahum 1:7)

Te midde van die wanhoop het Juda Nahum se woord van God af ontvang: God is goed; ’n mens kan op Hom vertrou; Hy ken dié wat op Hom vertrou persoonlik; Hy sal jou in die slegste tye beskerm; Hy sal jou vyande verslaan. Vertrou jy op God om te doen wat vir jou goed is?

U is goed. Die bose kan nie op enige deeltjie van U aanspraak maak nie. U het my in u goedheid lief. U wil net die beste vir my hê. Dit is presies wat ’n liefdesverhouding behels, om net die beste vir mekaar te begeer. Ek laat vaar nou my wanhoop. Ek het hoop. Amen.

Bron:
Beleef God elke dag, eenminuut-oordenkings deur Henry Blackaby & Claude V King
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
ChrisE

Dit is jammer almal in die land lees of ken nie die gedeelte van die Bybel nie. Ek het nou nie ‘n saak met ongelowiges/heidene of anders gelowiges nie. As jy nie jou vertroue in God stel nie, het jy moeilikheid. Ons bid kom help ons, red ons, maar wat doen ons. Ons wil wet in eie hande neem. Ons wil dit doen of dat doen. Ons stel ‘n mosie van wantroue in God deur ons aanhoudende gekerm en gekla. Hy sal ingryp op Sy tyd. Hy sal intree op Sy tyd. Hy wil ons op ‘n plek hê waar… Lees meer »

Mari

In die wereld waar onreg seevier , raak mens as Christen moedeloos. Selfs in die kerk verband stel nie eers die dominee belang om vir mens te bid as daar ‘n krisis in mens se gesin is nie. Dit voel asof die Here my eks man meer seen terwyl sy kind as stuent moet sukkel sonder finansiele hulp vd pa. Mens bid en bid en raak moeg en uitasem van smeek. My geloof rafel uit….

SNEL

Wat vir my totaal geheel en al verstom; is dat mense nie kan glo daar is n God nie. Oral word daar gepraat van B. C en A. C (Before Christ en After Christ). Nou vra ek, hoekom sal hulle nou so praat as Christus nooit bestaan het nie, is geskiedenis boeke dan verkeerd geskryf? Dan, van al die hordes gelowe is dit net die Here se Naam wat ydel gebruik word. Hoekom, want in die mens se hart weet hy dat God bestaan, al ontken hy dit. Hy as mens wil op die troon sit en regeer en daarom… Lees meer »

ChrisE

Koos gaan jou eie gang en probeer (traai) Hom. As jy jou eie pad en wil wil volg, is jou saak. Sterkte. Hy sal nie vir jou kwaad wees nie.

Mari

Liewe “Snel” . Dankie dat jy vir ons sal bid. Ons waardeee dit en dankie vir die bemoediging , jy het my baie hoop gegee. Pas jouself mooi op want daar is nie meer omgee mense soos jy nie