Gedagte vir die dag:  Liefdevolle gemeenskap met Christus      

viool_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sal U prys met die harp, want U is getrou, o God. Met sang en lier sal ek U loof, o Heilige van Israel. (Psalm 71:22)

Christus wil hê ons moet tye van liefdevolle gemeenskap saam met Hom deurbring. Dit maak nie saak as alles rondom ons net droewig lyk nie. Neem net ’n oomblik en luister; luister na wat God vir jou sê terwyl jy die soetste van sy musiek in jou hart geniet. Hy vertroos ons met sy teerheid wanneer ons dit die nodigste het.

Ons loof U, o God, vir tye van liefdevolle gemeenskap met U, selfs te midde van pynlike omstandighede. U is altyd dieselfde en ons dank U, Here, vir die vertroosting wat U aan ons gee. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.