Gedagte vir die dag: Lig bring perspektief

melkweg_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus het vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Johannes 8:12)

’n Kunstenaar het eenkeer ’n prent van ’n wintersaandskemering geskilder – die bome swaar van die sneeu en ’n vaal, donker huis wat eensaam in die storm staan. Dit was ’n hartseer skildery. Toe sit hy ’n geel lig in die een venster. Dit het ’n ongelooflike effek gehad. Die hele toneel is verander in ’n visioen van gemak en blydskap.

Die geboorte van Christus was net so ’n lig in die donker wêreld. ~ Anoniem

Vader van die lig, U gee nie net vir ons lig vir ons liggaamlike oë nie, maar ook die lig van hoop vir ons geestelike oë. Dankie, Jesus, dat u lig vir altyd vir Christene sal skyn. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.