Gedagte vir die dag: Lig en vrede

Sonsopkoms-strand-Nathan-Steyn.-lig

Foto: Nathan Steyn

Vanweë God se tere ontferming is die lig van die hemel op die punt om oor ons te skyn, om lig te bring aan hulle wat in donkerheid en die skaduwee van die dood lewe, en om ons te lei op die pad van vrede. (Lukas 1:78, 79)

Die bejaarde, kinderlose priester Sagaria het, netsoos Maria, besoek van ʼn engel ontvang met ʼn ewe ongelooflike boodskap. Die ou man kon sy ore nie glo nie, en was maar erg skepties oor die hele gedoente. Toe word hy met stomheid geslaan, tot op die dag wat sy seun gebore word. En siedaar, die stomgeslane ou priester kon weer praat!

Benewens die feit dat hy sy seun as die voorloper van die Messias bekend stel, het hy ook oor die Man van wie sy seun die voorloper sou wees iets te sê. Met ʼn paar woorde som hy die lewenstaak van die Jesuskind op. Hy sal die Een wees wat sal lig bring na ʼn donker wêreld. Sonder Jesus leef mense in die skaduwee van die dood, die ewige dood as gevolg van ʼn lewe wat met die lewende God uit pas geraak het.

En Hy sal mense lei op die pad van vrede. Hulle sal nie net deur geloof in Hom die ewige lewe vind nie, maar hulle sal ook leer hoe om met God in pas te lewe, in vrede met God en medemens.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genieve ·

Dankie vir lig op ons pad Here wanr ons soms in die donker is.Dankie vir vrede en lig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.