Gedagte vir die dag: Lig in die tonnel

lig_boekevat_bos…stemming.jpg

Foto: Reint Dykema

Ek het as die lig na die wêreld gekom, sodat dié wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie. Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar om die wêreld te red. (Joh 12:46-47)

Die Bybel is baie duidelik hieroor. God wil nie dat enigiemand verlore gaan nie. God wil nie dat enigiemand met sielskanker voortgaan nie. God wil nie dat enigiemand in die duisternis lewe nie. God se verlossing en lig is beskikbaar vir álmal, maar dit is nie noodwendig wat almal wil hê nie. Heelwat mense wíl in verlorenheid en duisternis lewe (hoe vreemd dit ook al klink).

Die keuse bly egter ons s’n. Dié wat die lig van Christus wil hê, kry dit in groot heerlikheid en beleef hoe God se lig elke vorm van duisternis in hul lewens verdryf. Só word dié wat rein is reiner. Maar dié wat in duisternis wil bly, verval net al hoe meer tot uiteindelike verwoesting.

Here Jesus, Lig van God, mag U elke uithoek van my lewe verlig met die waarheid en lewe van God. Mag duisternis geen wegkruipplak by my kry nie.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.