Gedagte vir die dag: Lig

 Stlitetyd_Sonsondergang2_Juaniata-Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Jesus het vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die mensdom. Wie My aanhou volg, sal nooit in die duisternis leef nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Johannes 8:12)

Laat toe dat jou hart, jou verstand en alles wat jy deur die dag doen, jou al hoe nader aan Christus trek. Hoe nader aan Christus jy leef, hoe nader aan Hom jy leer om te bly, hoe helderder skyn sy lig. Die lig van Christus onthul elke waarheid. Wanneer jy die waarheid sien, kry jy lewe. Jy kan eerder in die ware konteks van die lewe wandel as in die skaduwee van die duisternis.

In die skaduwee kan jy dalk allerhande valse idees begin glo en daarvolgens begin leef. Wanneer jy egter naby Christus woon, sien jy die hele skepping soos wat dit waarlik bestaan. Jy sien die skepping binne die konteks van God se storie, binne die konteks van Christus en sy doel.

Christus is die lig. Hy is die enigste lig.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.