Lindie Strydom: Heelheid, eenheid

Argieffoto (Foto: nadeeshxJayawaradena, Pixabay)

Mense se kreatiwiteit en oorspronklikheid oor waaroor ons nog sal kan verskil en verdeel, hou aan om my te verras!

En tog is ons desperaat op soek na eenheid, heelheid en selfs integriteit wat gedefinieer word as die kwaliteit of eienskap, “the state of being whole and undived and complete” – heel en onverdeeld. Integriteit beteken ook daar is ʼn konstantheid, iemand is nie wisselvallig of verander die heel tyd soos die wind waai nie.

Ek glo egter hierdie eenheid, heelheid en integriteit begin by elkeen van ons voor ons ʼn land gaan kry om in eenheid saam te staan en saam te werk.

Bill Hybels skryf in sy boek Who you are when no one’s looking: “There is an antidote to the collapse of morality, the break-up of families, the erosion of business ethics and the rising tide of violence sweeping the nation and it starts with you!”  

Dit begin by elkeen van ons se persoonlike integriteit, konstantheid en heelheid wat beteken voor of agter mense, in hoë druk tye of tye van leeglê, met die oppe en die affe, the good, the bad and the ugly, is ek altyd dieselfde en leef ek as heel mens met ʼn onverdeelde hart, onverdeelde fokus en ook ‘n onverdeelde huis, beursie en mond! Ek kan mos nie die een oomblik die Here se lof besing en ʼn bybelversie op Facebook plak en dan die volgende oomblik gal braak, kerm en kla en al wat ʼn mens is in my gat van selfbejammering aftrek nie!

Ons land kort mense wat deur God heel gemaak is en wat Hom met hulle hele hart en hele verstand, met onverdeelde aandag en fokus asook ʼn onverdeelde mond, beursie, etenstafel, huis, gesindheid en gemeenskap dien!

Meer oor die skrywer: Lindie Strydom

Lindie Strydom is ‘n bekende radio- en TV persoonlikheid, skrywer en spreker met ‘n passie vir haar gemeenskap! Sy is getroud met Johann Strydom en die ma van drie kinders, Paul en ‘n tweeling, Hugo en Nina.

Deel van: Rubrieke, Stiltetyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Verwonderd ·

Baie goeie artikel. Baie dankie. Brood nodig in ons kosbare land. ‘n Mens se Ja moet sy Ja wees, en sy Nee, sy Nee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.