Gedagte vir die dag: Lofdal

sonondergang_voels_vlieg_stiltetyd.jpg

Foto: kids-myshot.nationalgeographic.com

Nadat hy die leiers van die volk geraadpleeg het, het die koning sangers aangestel om voor die leër uit te stap. Hulle het tot eer van die Here gesing en Hom geprys vir sy heerlike heiligheid: “Loof die Here, want sy troue liefde duur vir altyd.” (2 Kronieke 20:21, 22)

Koning Josafat van Juda was menslik gesproke kniediep in die moeilikheid. Die Ammoniete en Moabiete het teen hom opgetrek. Josafat was bang. Die vyand was ver in die meerderheid. Toe gaan soek hy raad by die Here. En die Here sê hy moenie bang wees nie, “want hierdie oorlog is nie ’n saak vir julle nie, maar vir God” (vers 15, Bybel in Afrikaans 1983/1992).

God het oorgeneem. Wat moet Josafat en sy leërmag doen? Hulle hoef selfs nie eers te veg nie! Hulle moet net kyk hoe die Here die geveg vir hulle wen.

Josafat en sy bevelvoerders en die hele volk het voor die Here gekniel in aanbidding. Toe gebeur daar iets baie wonderliks. Toe die tyd vir die veldslag aanbreek, laat Josafat die sangers voor die leër stelling inneem. Kan jy dit glo? Die orkes en die koor loop voor en hulle sing tot eer van die Here! “Juis toe, toe die sangers met die lofprysing en gebed begin, het die Here onverwagte aanvalle bewerk op die Ammoniete” (vers 22, Bybel in Afrikaans 1983/1992).

Dis te verstane dat hulle die plek Lofdal gedoop het!

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.