Lofprysingsopname in prentjiemooi Cottonlands

liv-at-live[promosie-artikel]

In die prentjiemooi Cottonlands in KwaZulu-Natal het 154 weeskinders ʼn tuiste by LIV Village gevind.

Op 8 April 2017 gaan 2 000 mense saam met Worship Central vir Live at LIV bymekaar kom om deel te neem aan ʼn lofprysaand – om God se aangesig te soek in prys en lofgesange. Sanger en liedjieskrywer Tim Hughes van Worship Central in die Verenigde Koninkryk, Soul Survivor-stigter Mike Pilavachi (ook van die Verenigde Koninkryk) en die LIV Village Choir sal die aand se lofprysing lei.

Tich Smith, bekende Suid-Afrikaanse sportman, en sy vrou Joan het in 2008 LIV Village se deure oopgemaak. Die storie van die ontstaan van LIV Village word vertel in dié paartjie se boek When Grace Showed Up. Ná Tich homself oorgegee het aan alkohol – en alles as gevolg daarvan verloor het, het hy deur ʼn moeilike tyd gegaan. In daardie donker tyd het God aan hom en sy vrou genade gewys en hulle het geroepe gevoel om ʼn veilige hawe te skep vir weeskinders.

LIV Village se leuse is: “Red ʼn kind, herstel ʼn lewe, maak ʼn leier groot en laat ʼn ster vry.”

“Ons plaas die kinders in ʼn gesinsomgewing met ʼn opgeleide pleegma wat hulle kan liefhê, ʼn skool waar hulle kan leer en ʼn plek waar daar aan al hul behoeftes voldoen word,” sê Tich. “As hierdie kinders toegerus word met die noodsaaklike morele waardes en lewensvaardighede, sal hulle ʼn generasie wees wat ʼn positiewe invloed sal hê op Suid-Afrika, Afrika en die wêreld.”

Joan sluit aan by haar man. “Ons is oortuig dat die kerk die antwoord is en die hulpbronne en vaardighede het om ʼn verskil te maak. Ons kan nie meer net in ons kerkgeboue sit en nie na die Vader se hart luister vir weeskinders nie. Ons is die kerk. Ons het die Vaderhart binne ons. Saam, in vennootskap met ondernemings en die regering, kan ons dit doen,” sê sy.

Nou is die tyd om die musiek en beeldmateriaal van LIV Village met Worship Central te kombineer – saam met die stemme van die LIV-koor. Die geleentheid het ʼn tweeledige doel: eerstens om alle aanbidders saam te bring om hulself te verlustig in ʼn aand van aanbidding binne ʼn gesalfde en prentjiemooi ligging, en tweedens om die klanke en beelde van die aande vir ʼn CD/DVD-opname op beeldmateriaal vas te vang.

Mike Pilavachi, outeur en pastoor, sal ʼn boodskap bring wat deel sal wees van die DVD-opname. Pilavachi se hart was nog altyd om jong mense te bereik, om hulle te dissipel, toe te rus en te bemagtig sodat hulle ʼn verskil kan maak in hulle generasie.

ʼn Gedeelte van die fondse uit die albumverkope sal vir die LIV-model aangewend word. Dit is lang termyn pleegsorg, waar die kinders tuis is binne ʼn huisomgewing. “Die toekomstige plan is om talle soortgelyke dorpies te sien, om toekomstige leiers groot te maak, en om littekens in sterre te verander deur ʼn nuwe begin vir hierdie kinders te skep binne ʼn ondersteuningsgemeenskap,” sê Tich.

Meer oor die lofprysingsaand:

Die geleentheid is oop vir die publiek en kaartjies is beskikbaar by iTickets.co.za. Die hekke maak om 15:00 oop. Meer as 400 vrywilligers van plaaslike kerke, LIV Village en Soul Survivor sal die parkering koördineer en die veiligheid en organisasie verseker. Daar is ook kosstalletjies beskikbaar. “Ons bars van geloof, ons is aangeraak deur die doel, en opgewonde om saam te aanbid,” sê Mark Counihan.

Wanneer: Saterdag, 8 April 2017
Waar: LIV Village, Vincent Dickensontraat, Cottonlands, KZN, 4345
Tyd: Deure maak om 15:00 oop
Koop kaartjies: https://itickets.co.za/events/375692
Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na: [email protected]
Besoek die webwerf: http://www.liv-village.com/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.