Gedagte vir die dag: Luister, en God sal praat

Man_veld_Bybel_Stiltetyd_.jpg

Foto: teachingthem.com

Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel. (Jesaja 43:1)

Ons kom nou by sekerlik een van die mooiste hoofstukke in die Bybel. Soveel mense het al hieruit leiding en bemoediging ontvang! In my eie Bybel is datums by verskeie verse in Jesaja 43 geskryf. Die profeet begin op ’n tipiese manier om die leser se aandag te trek na ’n nuwe uitspraak: Luister, so sê die Here … Ons moet ons ore spits, want God gaan nou praat. Hoe kan ons sy stem hoor, sy leiding en bemoediging verneem, as ons nie luister nie? Meestal is ons so vasgevang deur ons probleme dat ons niks van God kan hoor nie.

Laat ons een ding duidelik stel: God wil met jou praat. Trouens, God is nou besig om met jou te praat – ja, op hierdie oomblik! God se boodskap kom na jou toe op allerhande maniere deur jou dag heen: deur dit wat jy lees, wat jy hoor, wat jy sien; dit wat gebeur … boodskappe, boodskappe, boodskappe! Ons ore is egter toe – ons is bloot nie in luistermodus nie. Dalk moet ons fyner begin let op God se boodskap.

Spreek, Here, u dienskneg sal luister! Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Phillip Horn ·

“Luister, so sê die Here……”
Woorde wat dadelik ontvanklike stilte en opwindende afwagting in die hart en gemoed bring ! Dit oorspoel mens met vreugde en vrede. Vreugde omdat ons `n lewende God Almagtig met `n lewende stem het en vrede in sy ewige heerskappy. Hartlike dank vir hierdie mooi en besielende oordenking. Ek gaan hierdie dag tegemoed in ” luistermode ” en gaan dit opnuut elke dag probeer doen. Seënwense.

Ansa ·

Dankie vir mooi boodskap.Ons luister en luister ook nie en ons hoor en hoor ook nie as Die Here praat nie.Ons is so bekommerd oor die land .In Jesaja 43 :1Moenie bang wees nie.Ek verlos jou Ek het jou by jou naam geroep jy is Myne.Daar is so baie skrif en boodskappe wat vir ons gebring word ons moet net luister en Bybel verse memoriseer.Geseende dag vir almal.

Genieve ·

Dankie Here dat u op verskillende maniere met ons kan praat .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.