Gedagte vir die dag: Luister God … luister ek … ?

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Foto: carbonchurch.com

My skape luister na My stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. (Johannes 10:27)

Luister God as ek met Hom praat? Jesaja skryf dat God se arm nie te kort is om te help en sy oor nie te doof is om te hoor nie (Jes. 59:1). Psalm 40:2 bevestig dit: “Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor.” God luister verseker!

Hy luister na my hart! Hy luister na my gesindheid en my ingesteldheid! Hy luister na my smeking en hulpgeroep! Hy luister na my lewe! My woorde eggo in sy ore. Geen woord gaan ongehoor by sy ore verby nie … en boonop antwoord Hy.

God luister en reageer – nie altyd presies soos jy dit wil hê nie, maar soos Hy goeddink. Die vraag is eerder: Luister ek? “Luister, my volk, Ek gee julle ’n opdrag. Luister na My!” (Ps. 81:9). Weerklink sy woorde in jou hart en gedagtes?

Om mooi en goed te luister neem tyd en ’n sekere in gesteldheid. Dit vereis van jou om stil te word voor die Here. Dit vereis van jou om al die ander stemme in jou binneste stil te maak. Dit is ’n oorgee van jou hele wese aan God en sluit jou ver stand, wil en emosies in.

Met hul besige lewens sukkel manne om op die Here te wag en na Hom te luister. Dit vra ’n bewustelike keuse om voortdurend tyd te maak om stil te word en na Hom te luister. Die meeste manne en pa’s leef gejaagd, met duisend en een dinge in jou dagboek. Besluit vandag om stadiger te leef en meer tyd by God deur te bring. Gebruik jou geestelike joernaal vir aantekeninge – wanneer jy na God luister.

God luister … is jy bereid om na Hom te luister?

Vader, ek onderneem om by u voete te sit. Praat met my, ek wil luister. Amen

Bron:
Manne van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.