Luister:  Griekwagebed – Bly innie skerm

Argieffoto (Foto: Phillip Bruwer)

Bly innie skerm

Uit: Psalm 2

Nou vi wat woelie wêreld
en dink heidense goeterse?
Hille se voormanne span saam
en kapteinse hou hille se raad
tenie Jirre en Hom kapteinkjind.
Hille sê hille gat spanriem breek
en orie Jirre se kraalmier spring.

Ma da bo innie jimmel
skerie Jirre met hille gek,
en Hy sit lag vi hille yt.
Toe praat Hy mette rowwe stem
lat hille sos bang kjinnerse bewe:
“Ek het oppie Grootdyn geloop gesit
en hom Self die kapteinskjind gemaak.”

Lat ek vetel vannie Jirre se beslyt,
die Jirre het gekom en vi my gesê:

“Jy’s my mankjind! Hierielike vedag
het Ek nou Self vi jou gekom gesalf.
Vra net, jy kannie mense by My erwe,
ennie aarde vi jou tot in sy hoeke vat.
En vi dies wat swaar lyster,
vat jy die koevoetyster en
slat hille sos kleipotte plat!

Voorman, gebryk tog jou se kop,
en lyster vi my, slim advokaat:
hou op dink jysie Jirre se maat,
jyse lammerskaap in Hy se trop.

Jille moetie Jirre dien en prys
lat Hy nie kan kwaad worre,
ennie beerlou innie voetpat
vi jille lat kom voorsittie.

Weet jy hoe gelikkig is hy
wat innie Jirre se skerm bly?

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.