Die gebed van Jabes
Uit: 1 Kronieke 4:10
Jirre, stier tog nou U se wolklikheit,
en goi U se drippelse op onse koppe yt.
Gjee onse weidingse meerderder gras
en hou ons tog oener U se vlerkense vas.
Keer die beerlou van onse lyfte af weg
en draai tog net onse lewe bietjie reg:
lattie hyl ons nie innie nagte so matlik slattie,
ennie trane ons nie oppie mirrag skierlik vattie
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Innie Skylte vannie Jirre geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Amen…dankie Here dat U elke gebed aanhoor