Luister:  Griekwagebed –  Die Jirre se pat

Karoo_kerk_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: maraisea/Pixabay)

Die Jirre se pat

Uit: Spreuke 3:1–10

My seun, goeterse wat jy geleer het by my,
moet sosse wet diep in jou se gedagtes bly,
want dan sallie lewe agter jou kyk
en jou dae sal baie en beterder lyk.

Vekoester nettie liefde ennie trou,
hou dit styf in jou se borskas vas,
totlat dit sosse hart in jou pas,
en God en mens sal van jou hou.

Vra eers wasie Jirre se pat
voorlat jy jou eie ene vat.

As jy ammekaar virrie Jirre bid,
gat Hy jou oppie regte spore sit.
Dis sos salf wat jy op jou vryf,
sos mirresyne virrie moeë lyf.

Erie Jirre met jou trop se grootste os,
loof Hom mettie dryf se soetste tros.
Dan kom sien jy hoe raak jou kraal te klein,
ennie kellers beginte oorloop van baie wyn.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.