Luister:  Griekwagebed –  Die kaptein kom

voetpad2_namakwaland_abrits_stiltetyd.jpeg

Foto: Annelize Brits

Die kaptein kom

Jesaja 32:1–2

Eendag sal ons nogge kaptein kom kry
wat ons innie voetpat vannie Jirre lei,
ennie grootmanne innie kaptein se raad
gat wetsgeleerd met onse mense praat.

Hille isse skerm tenie wind,
’n skylte teen drippelse reën;
sos fonteine innie dro sand,
en koelte tenie son se brand.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.