Luister:  Griekwagebed –  Die wegloopseun

Die wegloopseun

Uit: Lukas 15:11–31

En eendag was da ’n man gewas
met twee seuns, ennie kleintjie sê:
“Pa, lat ek my deel vannie bok vat.”
Toe’t die pa hy se bok gevedeel,
ennie jongste het hom deel gevekoop
en geloop trein gevat ver plek toe.

Hy’t gesyp, vrouense gegebryk
en allie geld geloop ytgemors.
Toet hy wee sy oge kom oopmaak
toe sien hy da’s nou niks orie,
dasie eers geld virre trein nie.

Die mannetjie het bitter armlik geraak,
laterder ’n joppie gekry inne kêffie.
Hy’t so honger geworre lat hy dink,
ek eet sommer skille ennie ou tjips.
Ma niemand het hom niks gegjee nie.
Toe kom dink hierielike mannetjie,
my pa se bokwagterse het genog kos
en ek sit hie en vrek vannie hongerte.
Ek sal opstaan en na my pa toe gaan
en vi hom sê ek het vekeerd gemaak,
ek het teen Pa ennie Jirre gesondig.
Pa moenie meer vi “my seun” sê nie,
Pa kan my ma sosse bokwagter behannel!
Hy’t net da opgestaan, trein gesteel hys toe.

Toet die kjêrelkjind nog innie pat aankom,
hettie pa hy se kjind van ver af geherken
en bitterlik jammer vi hom geworre.
Toe hollie pa innie pat af,
gryp hom ommie nek en soen hom.
“Pa, ek het vekeerd gemaak,
ek het teen Pa ennie Jirre gesondig.”
Marie pa het die hele mense geroep:
“Bring vi hom klere, en trek dit aan,
was hom en gjee vi hom niewe skoene.
Slag daai vet kapater, lat ons eet en drink.
Hierielike seun het opgedood en hy lewe wee,
hy was weg en ek het hom triggekry!”

Ma hille het gevegjeet vannie grootbroer:
“Watse gedans issit dié innie middel vannie week?”
“Jou broer het triggekom,” sê een vannie wagterse.
Toe’tie broer kwaad geraak en byte gebly.

Toe kom vra die pa hy moet inkom.
“Ek werk sosse slaaf en ek lyster vi Pa,
ma Pa slaggie eers ’n hoener vi my nie.”
“Jy’s mos hie by my, my goeterse is joue,
ma hierielike broer van jou het opgedood
nou lewe hy wee, hy was weg en nous hy trig!”

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.