Luister:  Griekwagebed –  Dit gat goed

Argieffoto (Foto: reetdachfan/Pixabay)

Dit gat goed

Uit: Psalm 128

Dit gat goed met dies wattie Jirre dien
en goeterse doen sos wattie Jirre vra.
Jy sallie lammerse van jou se werklikheid sien,
en gelik en voorspoed sos grashout teen jou dra.
Jou se vrou isse dryf wat soeterder troste gjee,
jou se kjinnerse sit ommie vier sos sierkaree.
Sien, só worre ’n man geseën wattie Jirre dien.

Maggie drippelse vannie dyne op jou reën
en jy oudag sien wa lattie Jirre hierie land seën.
En mag jy jou se agterkjinnerse ok nou ken,
en sien hoelattie vrede in onse land in wen.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.