Luister:  Griekwagebed –  Hokdans

karoo_grondpad_stiltetyd.jpg

Argieffoto (Foto: pixabay.com)

Hokdans

Wie kom nou da sos
opslagstrale ytie woestyn?
Etse, dis mos nou einste onse brydegom
mettie jongetjies wat so om hom dans,
hille sing mettie bekflyt en mettie blikkitaar,
manmense wattie riel in hille se bene-goed dra,
hille moetie meisiekjennerse ytie hok yt dans
tot da warie boegoe drywe
totlattie waterslang wee vrede is
ennie grootvrouense kom ristig raak.

Onse kaptein het vir hom troukar gelat maak:
met tiervel wat spoggerag orie spatbord hang,
van niewe hout wat oener ytie Kaap yt kom.
Hom disselboom is kameel, hom vloer van garingklip,
en hille’t rêrige taaierse op hy se twee wiele geloop sit,
armleningse van gevryfte koper allie pad yt O’kiep.
En onse brydegom die sit-sit da voor oppe jakkalskaros,
sos hy naderkom, rykit nes salie ytie Langberg yt,
ennie hoed vannie liefde wat hy da
oppie kop sit dra,
issie pirsint wat hom eige ma
hom gjee toet hy trou loop vra.

Oumase, goi boegoe oppie water yt
en dans nourie liefde lekker los!

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Boegoe vannie liefde. Geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.