Luister:  Griekwagebed –  Miga 6

Karoo_windpomp_skape_dam_ABrits.jpegMiga 6

Wat vra God vi ‘n armlike Griekwamens,
en wat sal onse Jirre sit wens as Hy nou wens?
Met wat sal ek voetsaam narie Vader toe loop
om te Hom te ag en Hy se vergjeeflikeit te koop?

Sal ek nou vi Hom die voorbok slag,
of staat Hy virrie vet kapater en wag?
Sal ek Meimaand se lammerse brand
of soek Hy fenteinwaterse innie Hand?
Sal ek my eerste kêrelkjent moet petaal
voorlat Hy my sondesiel kom haal?

Ma toet ek nou die Woord mooi sit lyster,
toe sien ek wee ‘n annerlike wyster:
gat vat nettie onlekker yt jou se lyf yt weg,
en maak eers die liefde in jou se hart in reg.

Die dierste goeterse, lyk dit mos vi my,
kan jy somme veniet by onse Jirre loop kry

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Innie Skylte vannie Jirre. Dit is deur Hans du Plessis geskryf en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.