Luister:  Griekwagebed –  Mooierder assie son

Gemsbok. Argieffoto: Pixabay.com

Mooierder assie son

Kois, jy’s bitterlik mooi,
mooierder assie eerste son
wat smoors orie dyne kom,
jy’sie strale oppe springbokooi,
ennie dou sit krale om jou se nek.
Agtermirrag assie son wil watertrek,
is jy ‘n gemsbok wat tenie dyne stryk,
ennie oudag isse kettankie koper
wat jy oor jou se skouerse hang.
Ek raak virrie son nog meerderder lief
as jou se oge sos kwartels oor my vlieg.

Liefste Koib

Die stem wat ek hoor, is syne,
kyk hoe vinnig hol hy orie dyne,
‘n gemsbokbul wattie skynste afsak,
derie oenerste strate en orie vlak.

Swierag sosse mannetjiesvolstrys
trippel hy tot hie reg by onse hys,
hy stat loer my met hy se oge saam:
dan sê hy doeksaf net my eige naam.

boegoe-vannie-liefde-2.jpgVoorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Boegoe vannie liefde” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie

Miskruier

Pragtig!