Luister:  Griekwagebed –  Prediker 12

windpomp_namakwaland_stiltetyd.jpegPrediker 12

Onthou vannie Jirre innie dage van jou jonklikeit,
lank vórie laterder jare vannie heilige bitterlikeit,
voorlat die son ennie lig ennie sterre ennie maan
dysterlik worre, ennie wolke ná die reent gat staan,
wagterse bewe, ennie grootmanne se rigte raak op,
ennie maalklippers hille se werklikeit staat stop
oorlat hille nou skierlik wee minderder is
en dies wat moet oplet, ok al blinderder is,
ennie hele hyse se dere self net gat toeslat
ennie korhaan hom wysie verkeerd beginte vat;
jy sal kom bang worre om te oppie dyne te gaan,
die beerlou sal jou innie voetpatte lê voorstaan,
ennie doringse wit blomme op hille se koppe dra,
die ou grootsprinkaan sal moet kieriese loop vra
ennie boegoe die sal hy se hele krag verloor;
dan loop trekkie laaste asem jimmel toe oor,
ennie grootvrouense staat innie pad en hyl
ennie dradewerke dié worre nou afgeknip
ennie kleipot breekval stikkend byrie kyl
ennie puts se riem het gestaat afgebreek
ennie stof gat wee kop innie sand in steek,
en onse Jirre, Hy, Hy sit wag nou vi jou se gjees:
en alles sal sos wat dit gewas het, wee kom wees.
 

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.