Luister:  Griekwagebed  –  Pryslied

namakwaland-Pragtige-veldblomme.jpg

Foto: Marianne Styan

Pryslied

Lukas 1:45–55

Vedag prysag ekkie Jirre hie in my siel,
my hart dans van blygeit hom eige riel!
Hy’t Hom hyshulp hysvrou gemaak.
Die Jirre hette groot ding vi my gedoen,
my nageslag gat my ok nou heilag noem.

Met krag tellie Jirre kleintjiese op,
die grootpraterse hou Hy netjies dop.
Da is niemand groterder as God.
Hy makie honger mage self wee reg,
marie rykes stier Hy leeghand weg.

Hy bly byrie kontrak met Israel staan,
en hille prysag vedag nog Hom naam,
ek sal Hom heilag en my Jirre noem
oorlat Hy allie groterder dinge doen!

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here dankie n loflied uit enige taal is tot U Eer en dit besing U almag en Grootheid tot in alle ewigheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.