Luister:  Griekwagebed –  Psalm 1

Psalm 1

Vrede is nou dielike mense
Wattie altoos net wil sit lyster
Virrie godlooslike stories
ommie viere vannie syperse!

Nee, hille lewe nou mettie Woord saam;
hille se monde praat nettie Jirre se naam.
Hille groei woes sosse groen karee
wat virrie mens hy se koeltese gjee!

Ma sos kaf issie sleg man:
hy waai weg as jy hom wan.

Droog issie godlooslike mense dwarsderie jaar,
marrie Jirre se kjent, nee, die worre nou ytgespaar!

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Maroela vir plasing van die Griekwa Ps dit is kosbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.