Luister:  Griekwagebed – Psalm 104

skaap

Argieffoto (Foto: Dan Hamill/Pexels.com)

Psalm 104

Prysig die Jirre, my siel hie binne in my!
My God is byrie grootste groot veby!

U dres die lig sosse Grootkaptein vi U aan,
ennie jimmel hang sosse seil oor ons gespan.
U het kapteinhit vi U innie jimmel in gebou.
En U ry wolke sosse donkiekar wat hou,
dit smaak hy’t nou velrkense gekry
lat hy somme oppie hele winde ry,
die stormse stier U se boodskappe yt,
weerligte wag sos knegte op U se beslyt.

U hettie aarde innie lig in opgehang
en hy wikkel niks assie wind hom vang.
U hettie groot waterse orie dyne oopgerik,
ma toet u praat, het hille vi U se stem geskrik,
en hille het toe ma net wee geloop lê
oppie plekkerse wat U vi hille sê.

U lattie waterse innie gorrasse in blink
solattie hele diere vannie veld dit drink.
Die kwaggas staat syp hille smorens dik
ennie mossiese sit flyt innie kameel se mik.
U lattie bome drink ytie jimmel van fentein
ennie grassietjiese virrie diere kom yt U se Hand,
en virrie mense het die Jirre lekker tsammasse geplant.

U lat koringse somme ytie grond yt veskyn,
en oppie jaartse sit U drywe vi Vrydag se wyn.
Ons eet, ons drink ennie kelkiewynse sing ok,
innie strate tissennie dyne slaap ‘n troppie bok.
Die son kom gjeel vi dassiese oppie klipperse op,
ennie fisant vlie skree-skree ytie witgat se ronne kop.

U het die maand gemaak om te allie tye vas te vat
ennie son om te op te kom en wee oener te loop gat.
U sê nou virrie dag: loop worre nag, ons wil slaap
lattie tierse ennie wolf ennie ylens beginte besig raak,
lattie jon louense nou kan beginte om te brul
ennie jakkalse kan aas en dan hyl hille die stilte stil.
Hille vra virrie Jirre hille se kos vir hille se bekke,
assie son opstaan, loop slaap hille wee op hille se plakke
ennie mens die gat nou na hy se eige werklplek,
en kom eers wee trig assie son gat watertrek.
U het U se werklikeit rêrig so slim gestaat gemaak
Ennie hele aarde het vol van U se skepselse geraak.

Die Grootriveir ennie visse-goed is ok deel
van hierie hys, en petys wil in hom loop speel.
Da ry bodens op wa-innie mense pas –
Vroetyd wat da ‘n waterslang gewas …

Alman innie Kalarie wag vi hille se kos,
Hille moet dit net optel wa U di loop los.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek Innie Skylte vannie Jirre geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.