Psalm 11
Da bo, da by my Jirre loop kryp ek weg,
al kan jille kom sê: loop sit sosse valk da hoog,
want die godlooslike die span hy se boog,
hy staat maak nou kla hy se giflike pylse reg
om te my innie donkterte te pebeer tref.
Assie hoekpyle kom omgesmyt raak,
wat sallie regverdiglike mens nou maak?
Die Jirre, Hy sit in Hy se hys vehef.
Hy oplet ons en Hy se ooglitte toets Hy se kjennerse,
die Jirre toets nou die hele mense wat regverdiglik is,
ma diep in Hom siel haat hy dies wat godlooslik is
en dies wat nou anner mense loop goi met klipperse.
Hy sallie godlooslikes alman in strikke in lat hang
en kole vannie viere sal op hille se koppe gat draai
ennie ooswind sal warmlik in hille se bekerse in waai,
want die Jirre se oge sal altoos die opregtelikes vang.
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
Pragtig…Amen