Luister:  Griekwagebed –  Psalm 13

Karoo_stomp2_stiltetyd_ABrits.jpg

Argieffoto (Foto: Annelize Brits/Maroela Media)

Psalm 13

Jirre, hoe lank gat U my nog staat vegjeet,
tot waffer tyd gat U nou U se gaseg draai?
Tot wanner moet ek planne in my siel in maak,
en hoe lank moet ek my nog sit vekommer?

Ag, Jirre, kyk tog net vi my en lyster,
hou tog seblief hierie twee oge oop
solat ek mynie dalk loop lê en doodslaap nie,
ennie vyand nie staat skrou: ek het gewen!
en dan jibbel oor ek geloop geomval hettie.

Ma nou kom vetrou ek vi U,
en ek sal altoos bly sing en dans,
want U was vi my goed gewas.

Ek willie Jirre vedag hoog ag
Oorlat dit Hy is wat agter elke bos
met Hy se goeteit da vi my wag. 

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Innie Skylte vannie Jirre  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.