Luister:  Griekwagebed – Psalm 15

Psalm 15

En wie mag nou by U se hit loop intrek,
en wie mag op U se heilige dyn stap?
Hy wat die waaarlikeit in hy se hart het,
en hy se tong ythou ytie alwynsap,
okkie skinner en agter die hand sit praat
of lelike goeterse van hoe broerse glo nie,
en dies hatig haat wattie Jirre haat,
ennie weghol van wat hy jou blo nie.
Hy wat nou nie ‘n man se grond vattie,
hy drik jou okkie mettie rentese plattie,
hy wt vas saam hy se broer-goed staa,
sal nou matlik innie Jirre se hit in kan gaan.

 
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.