Luister:  Griekwagebed – Psalm 24

https://iono.fm/e/858101Psalm 24

Die aarde, my broerse, die is die Jirre s’n,
die Kalarie, die mense ennie hele goeterse da-in;
en als wat nog annerdag moet kom,
behoort eentlik hoeka al kla aan Hom:
Hy’t koekpale innie Gariep geloop ingeplant,
en met klipperse vasgepak oennerrie sand.

Wie, wie mag nou oener U se koepel bly?
en wie mag oppie dyne se rigte ry?
Hy wat skoon hande virrie armse vra,
enne eerlike hart in hy se borskas dra

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Innie Skylte vannie Jirre.  Dit is deur Hans du Plessis geskryf en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Mary Charlotte

Lief die pragtige eenvoudige beskrywing van Die Woord