Luister:  Griekwagebed – Psalm 42

Kokerboomwoud (Foto: Alexander Mickel)

Psalm 42

Sos dors bok innie droogte al van ver
vannie putse af virrie droë waterse blêr,
blêr ek ok en ek gat soek nou vi my God.

Innie kjerk het ek gesing:  die Jirre is groot!
ma trane die worre nou elkere dag my brood,
want die vyand die vra: nou wa bly jou se God?

Ek sit hyl oppie Grootdyn en my siel kreen,
dit smaak my die onse Jirre los my wee alleen,
ma dan sien ek, nee, hie neffens my sit my God.

Ek wil nou vi U kom sê:  My Klip, het U my gevegjeet?
U slat hard mettie winde ennie droogtese solat ek weet:
ek moet nou wee ‘n niewe liedjie beginte sing vi my God,

want Hy is mossie Jirre, wat nou somme onse ongelik,
as Hy so beslyt, kan lat omdraai innie groterder gelik!
 

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Burgermeester ·

Ek is gaande oor die gebede wat voorgelees word deur Veronica. Baie dankie Maroela Media dat julle die gebede plaas. Ek mis net die klankskakel vanoggend, … is ek tegnologies gestremd vanoggend, want ek sien nie dat ek na die voorlesing kan luister nie.

Megan Swart ·

Dagsê Burgermeester
Dankie vir jou kommentaar. Die klankgreep het aanvanklik, weens tegniese redes, nie korrek in die berig verskyn nie. Dit werk egter weer.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.