Luister:  Griekwagebed – Psalm 6

Stiltetyd-31.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Psalm 6

Ag, Jirre, moet my nou net seblief
nie wil staat straf as U kwaad issie,
bêre tog net U se kats weg!
Jelp my as ek so sieklik voel,
en maak my liewerster gesond.
Jirre, die ou bene die is bekwaald,
en my siel het groot geloop geskrik.
Ag, Jirre, tot wanner toe nog?
Kom nou eers wee bietjie trig
en kom red hierie siel van my.
Oorlat U nou regtiglik goed is,
want ek kan U mos nou niks prysig
as ek die dag geloop dood hettie.

Jirre, kyk, ek is nou op gesug
en ek het my kooigoed nat gehyl,
my oge het gestaat dof geraak
vannie vyand hie innie omtes.

Loop voetsek net, alman van jille,
want onse Jirre het my klagte gehoor:
jille sal vi jille alman staat doodskrik
en skaam-skaam daatlik loop omdraai!

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Wat ń voorreg om uiteindelik die Maroela platform te mag betree….dankie dat ek daar is ,geen komplimente vir die frusrasie oor maande heen,om my toelating keer op keer te kortwiek,en dit oor ń wagwoord wat nie ‘reg is nie’.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.