Luister:  Griekwagebed – Psalm 81

Blomseisoen in Namakwaland (Foto: Mike Spies)

Psalm 81

Haal nou yt jille se bekflyte en jille se kitaar,
roep die hele mense virrie Jaarliks, lat hille kom,
die mos nou onse Griekwamense se fees vi Hom,
Hy’t hoeka vi oorle Dam gesê: maak hille bymekaar!

In vreemde Namawoorde het ek gehoor:
Ek’t jou gelat trek, die pak van jou se rig geafhaal
solat jy self jou se eige mieliese kan sit maal,
jou gekom red toet Ek vi jou hoor roep in my oor.

Ek het jou geantwoord innie skylte vannie donner;
en jou geloop getoets toet  jy derie brakwaterse trek.
Lyster, my volk, as Ek praat, lat jy hoor dis nou Ek:
moenounie loop vedwaal, buite net voor een God da oener.

Ek issie Jirre wat jou gekom gebevry het ytie slawehys.
Rek jou se mond sosse klein kwartel vi My wyd,
maak oop, lat Ek jou se kos kan gjee oppie regte tyd.
Marrie volk lyster nie: hy is traag om te ag te wys.

Ma toe’t hille My gelos en hille se voetpatte gevat.
Ek sou daatlik hille se vedrikkerse geloop gewen het,
want Ek sal mos nou hille se tegestanerse gekjen het
en Ek slat hille nog oppie selle dag met my Hand plat.

Die haterse vannie Jirre, hille se tyd is ewaglik veby,
ma dies wat Hom nou hoog ag, dies kom vesadig Hy.

 
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.