Red my
Psalm 17
Jirre, hore regverdige saak,
lyster vi my gesmeek,
lyster nou my gebed
sonner lippe wat lieg.
Lat my reg van U se gesig ytgaan,
lat U se oge regverdiglik sien.
U het my hart getoets,
innie nag geondersoek
– ok wat lat ek dink.
My mond doenie kwatie.
Ek praat oor mense se doendinge,
ek het narie woord van U se lippe
die voetpat vannie skollies gevemy.
My voete het in U se spore getrap,
my skoene het U se pat gevat.
Ek roep vi U
want U hoor my,
lyster vi my woorde
en gjee my U se gins.
U is nou velosser van dies
wat by U se regterhand skyl.
Bewaar my sosse oogappel,
steek my weg oener U se vlerkense.
Tenie skollies wat my omring,
hille voel niks virre mens nie,
hille se monde praat skeens,
ma hille het ons geomsingel.
Hille wil ons oppie grond smyt
en sos louense kom stikkend byt,
sosse skelm lou wag hy agterrie bos.
Jirre, staat op en kerie ding!
Lat hille tog nou vi hille
hie kom vet vreet anie onheil
wat U vi hulle opgekook het,
vi hille en vi hille se kjinnerse.
En nou, ek wat hie voor U staan,
ek het nou op U se pat gegaan
en ek weet as ek kom wakker raak,
issit U wat hie neffens my gat staan.
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.