Luister:  Griekwagebed  –  Saad

saad-saadjie-hande

Foto: Joshua Lanzarini/Unsplash.com

Saad

Matteus 13:1–9

En eendag was da ’n man gewas
en hy’t geloop koring gesaai
en bietjie saad innie pat gemors,
toe’tie dywe dit gekom opgepik.

En hy’t saad oppie kalk gelat val,
diét gou gegroei en gou gevrek
van min grond toerie son eers skroei,
want hille hettie wortelse gehettie.

’n Anner deel vannie koringkorrels
het tissen die kakiebos gebeland,
en net toe die koringse nou opkom,
hettie kakiebosse die koring gevestik.

En da het saad innie goeie grond geval
en diét darem nou goed opgekom
en da wasse goeie oes oppie land
tot twintag sak oppe morg!

Diélike mense mette oor,
lat hille nou vedag hoor.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.