Luister:  Griekwagebed –  Seën in onse lyfte

 kokerboom_01_kokerboomwoud.jpe

Kokerboom (Foto: Annelize Brits/Maroela Media)

Seën in onse lyfte

Uit: Psalm 3

’n Psalm van Dawid toet hy weggehol het vi Absolom

 Nou sêrie mense vi my:
as hille byrie Jirre bly,
is da vi hille niks rissie.
Wat hierielikes nie wissie:
Hy slat ’n skerm om my op,
dis Hy wat agter my kyk,
nou tel ek my kop wee op.

Ek sit virrie Jirre en skrou
tot Hy Hom oor vi my hou
doer oppie Grootdyn, Hy sê:
“Jong, jy kan nou ma loop lê.”

Toe’t ek anie slaap geraak,
wantie Jirre is mos oener my.
totlat Hy my weer wakker kry.

Ek vra virrie spil wat my wil vang:
lykit nou miskien of ek jille bang?
Jirre, kom staan hie neffens my,
en maak my van my vyand vry.
U’t hille oppie bek geslat
lattie tanne flenterse spat.

En nou issie prysie Jirre s’n,
Hy goi seën in onse lyfte in.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.