Luister:  Griekwagebed – Spreke 23:29-35

vuur_man_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Spreke 23:29-35

wie is dit wat nou so sug en sit steen,
wat baklei soek en nou so lê kreen
en somme vi niks kan gat seerkry nie
en met hy se rooi oge sit hy stokalleen?

dis dies wat nou die hele nag sit drink
en net aan nog een doppietjie bly dink;
moenie virrie wyn baas maak oorlat hy rooi issie,
lekker smaak en borrelse innie beker blink

agterna gat raak hy sosse pofadder wat pik,
offe spoegslang wat vi jou se twee oge mik,
dan sien hy annerlike vreemde goeterse en jy praat
prate wat jy laterder liewersten wil loop slik

dik smaak jy lê allenig oppie Grootrivier
of jy dink jy sit oppie rig vanne wille tier
en jy dink:  ek hettie seergekry toet hille my slattie;
is ek nou wakker, en hoe kom ek dan hier?

en jy pebeer om te op te staan, en jy dink:
lat ek vi my ‘n doppietjie soek om te drink

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.