Luister:  Griekwagebed – Spreke van Salomo

Veld vol ridderspoor (foto Namakwa Toere)

Spreke 11:4

jy kan ma so ryk wees sos wat jy wil,
jy dink net dit makie Jirre se straflikeit stil,
ma jy sal yt jou sleg yt gered kom worre
as jy altoos lewe na wattie onse Jirre wil

Spreke 13:3

die ene wat weet om te hy se mond toe te maak,
die Jirre sal nou innie nag by hy se deer sit waak,
ma met dies wat altoos hille se monde gat rek,
met hille sallie Jirre laterhand ongeduldig kan raak

Spreke 16:2-3

jy meen die pad wat jy self loop, is goed,
marrie Jirre toets dieperder binne innie bloed;
lat los nou net jou se werklikeit virrie Jirre
en jy sal gat sienie plan lyk nou sos hy moet

Spreke 16:8-9

dis beterder lat jy min het, ma jy lewe reg
as lat jou se sakke knopstaan vannie sleg;
dink jy nou ma jou se eige pad, ma sonnerie Jirre
loop raak jou se voetspore innie sand in weg

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.