Luister:  Griekwagebed –  Stof tot stof

Stofpad_windpomp_karoo_stiltetyd.jpeg

Foto: Annelize Brits/Maroela Media

Stof tot stof

Uit: Psalm 90

Vannie voortyd af is U my takkraal innie nag,
vorie berge gebore het en vorie wêreld da was,
ja, nog lankal vorie heel voorste voorgeslag,
tot altyd toe en van altyd af was U Jirre gewas.

U sê virrie mens hy moet loop dood:
“Stoffie,” sê U, “worre ma wee stof!”
Dysend jaar se span is vi ons groot,
ma vi U smaak dit dis net een skof.
Ons dage is gras wat jy smoors groen sny:
ma hom lewe is tenie aand velep en veby.

Ons koes as ons U kwaad maak,
want U sien onse sondese raak –
ok dies wat ons weg wil steek.
Onse dage vlie sos dagbreek,
sos kwartels by onse ore veby
sonner lat onsie wysheid kry.

Lat U se groot liefde nou oor ons spoel
solat ons vi altyd jyg en bly kan voel.
Ons is lank gevedrik, en ons het gely.
Maak ons tog net soveel jare wee bly!
Spelle U se planne vi ons dytlik yt,
lat ons ennie kjinnerse U kan dien,
ennie Jirre se hele goetlikheid sien!
Kyk agter ons hanne se werklikheid!

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne, geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.