Luister:  Griekwagebed – Uit Spreke 20

 wynplaas_druiwe_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Spreke 20:1

wyn lat jou se kop vol grappiese raak,
drank lat jou meerderder lawaai maak;
‘n man wat vannie wingerd loop en slinger,
Kom na jou toe aan mettie satang se saak

Spreke 20:4

‘n ly wagter lat los hy se bok innie paartyd,
ma laterder wil hy nou hie innie lammertyd
innie strate tissennie dyne hy se trop loop soek,
dan sit hyl hy: die ooiens goi nie lammerse yt
 
Spreke 20:13

as jy nou wil skierlik staat armlik raak,
lê dan derie hele dag innie kooi en slaap,
ma staan mettie son saam op en gat loop werk,
en kyk, vanaand innie skerm kook jy skaap

Spreke 20:17

as jy jou se eige bier skelm brou,
dan smaak dit altevol goed vi jou,
ma laterder eers gat sien jy nou, nee,
jy beginte hard anie klipperse te kou
 
Spreke 20:30

‘n pak slae oppie regtre tyd is reg,
dit hou kwaad vannie lyf af weg:
‘n warmlike hou oppe kjent se boud
lat hom ok vegjeet van more se sleg

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Innie Skylte vannie Jirre”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.