Luister:  Griekwagebed –  Voetpat

 voetpad_namakwaland_abrits.jpegVoetpat
Matteus 7:13–14

 Loop byrie kleinhekkie in,
want hel toe issie hek wyd,
die pat is geteer en gelyk,
hy wil sossie grootpat lyk.

Jimmel toe lope voetpat,
enne hek wat oppie bek slat,
hy’s klein ennie pat is din,
dies wat hom vat, bietjie min.

Hek
Johannes 10

 Nou sê Ek vedag vi jille:
as jy nie derie hek kommie,
ma agter orie kraalmier klim,
is jy ’n skaapdief enne skelm.

Ma as jy nou derie hek kom,
is jy mossie skaap se wagter,
ennie boer maak vi jou oop
en as hille jou se stem hoor,
lopie skaap agter jou aan.

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne”  geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.