Luister:  Griekwagebed – Wagters

Herder_skape_veld_stiltetyd.jpg

Argieffoto (Foto: Carbonchurch.com)

Wagters

Uit: Matteus 2

Bokwagterse sit koulik ommie vier
inne nag wat orie donker dyne hirk:
nette bok wat lyf veskyf of slik,
en sterre wat anie swart stilte hang.

Skierlik spat ’n splinter spierwit lig
ytie donker diepte tissen hille in,
hille gryp mekaar en wag bang
lat dié vreemde vier hille vang.

Eers toe’tie ingel gepraat:
vi wat sit skrik jille dan so?
Ek bring vi jille ’n boodskap.
Da’s vennag ’n Kjind gebore
wattie hele mense kom red!

Ere aan God bo innie jimmel en
vrede virrie mense oppie aarde!

Toe’t hille oppie dorp geloop kyk
hoelatte Kjind inne krip nou lyk,
en hille het Hom da geloop kry
en gelat weet: dié Kjind is Hy!

Ere aan God bo innie jimmel en
vrede virrie mense oppie aarde!

Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit Karos orie dyne geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.