
Argieffoto: Reint Dykema
Wees bly
Uit: Filippense 4:4–9
Kom sing nou orie Jirre, wees net bly vi Hom,
gjee vrindskap vi alman dies wat by jille kom,
want hie issie Jirre net hie langes jou.
En vi wat sit vekommer jy jou nou?
Lat virrie Jirre in jou se gebede weet
wat jy begjeer en wat dit is wat jou vreet,
ennie Jirre se vrede pas hart en kop
in onse Jesus Christus se liefde op.
Broerse, als wat waar en deetlik is,
en als wat reg en goed en loflik is,
als wat lieflik is en mooi en skoon,
sal dan in jille se lyfte in kom woon.
Jille het alles mettie ore ennie oge by my gekry,
loop doen dit, ennie God van vrede sal by jille bly.
Voorgelees en opgeneem deur Veronica Geldenhuys uit die boek “Karos orie dyne” geskryf deur Hans du Plessis en uitgegee deur Lapa Uitgewers.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Amen…dankie Here vir die vrede wat alle verstand te bowe gaan