Gedagte vir die dag: Luister na die musiek

agent-vir-God

Argieffoto

Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en ek sal julle lewens verkwik. Want my juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra. (Matteus 11:28a, 30)

Wanneer die lewe nie uitwerk soos ons gedink het nie, sleg- te dinge ons onverhoeds vang of daar ’n stuk pyn ons lewe binnedring, is dit regtig moeilik om soms die goeie daarin te sien. Dan wil ons ook nie hoor dat die beste hieruit kan voortvloei nie. Tog weet ons diep in ons hart dat ons Vader ’n manier het om deur die gate te werk en steeds musiek te maak. “I am a hole in a flute that the Christ’s breath moves through – listen to this music,” het Hafiz gesê.

Onthou vandag:

  • Pyn bring nie altyd begrip nie – dit leer ons eerder om blindelings te vertrou.
  • Pyn maak ons nie slimmer nie – dit maak ons wyser en gee ons insig.
  • Pyn plaas ons nie noodwendig op hoogtes nie – dit leer ons eerder om self dieper lief te hê, meer deernis en begrip met ander se pyn te hê.
  • Pyn maak ons los van kunsmatigheid – dit maak ons eg. Ryk. Méns.

Miskien is jy nie lus om vandag na die musiek te luister wat uit jou pyn vloei nie. Dis oukei. Laat die Meester-fluitspeler toe om aan te hou speel … weldra sal jy dit diep in jou hart beleef.

Here, bly speel u genade in my lewe … al hoor ek dit nie nou nie, asseblief.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

NL ·

Dankie… Soms het mens nodig om hieraan herinner te word… We don’t understand pain, we only need to understand the one that can heal the pain…

Sune van Heerden ·

Dagsê Des

Maroela Media se nuus is gratis! Maak dit vir jouself baie maklik om seker te maak jy mis nie iets nie:

• Teken in op ons daaglikse en weeklikse nuusbrief (http://maroelamedia.co.za/nuusbrief/)
• Klik “like” op ons Facebook-blad (https://www.facebook.com/MaroelaMedia)
• Volg ons op Twitter (https://twitter.com/maroelamedia) of Toeter (http://www.toeter.com/MaroelaMedia/toete)
• Laai ons app af indien jy ʼn iPhone of Android-slimfoon het (http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/sa-nuus/die-lekkerste-gratis-nuus-app-is-hier/)

Ek hoop jy kuier sommer baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.