[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Die keerpunt – Deel 1

TEAM-FRANS-HEINZ-ALMARIE_Foto-Etienne-van-Heerden.jpg

Frans Cronjé, Heinz Winckler en Almarie du Preez tydens die verfilming van “The Roar” (foto Etienne van Heerden)

 

“Die eerste dag van Junie 2002 was ’n keerpunt in my lewe; dié dag het ’n ommekeer nie nét vir my nie maar ook vir ons hele familie gebring.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.

In die program gee Frans die agtergrond van hoe hy begin het om sy lewensdoel te begin uitleef.

“Weet jy wat jou lewensdoel is, ‘daardie een ding’ wat jy moet doen?”

Meer oor die reeks:

Dié opname is deel van ’n reeks en is vervaardig deur Radio Kaapse Kansel en vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ’n betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.

Vind meer uit oor die film, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.