“Sodra jy bepaal het wat jou lewensdoel is, is dit belangrik om te weet hoe om jou doelwitte te beplan en uit te voer.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.
In die program gee Frans drie riglyne oor hoe om jou voor te berei om jou lewensdoel te begin uitvoer.
“’n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.” (Spreuke 16:9)
Meer oor die reeks:
Dié opname is deel van ʼn reeks en vervaardig deur Radio Kaapse Kansel. Dit vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ʼn betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.
Vind meer uit oor die rolprent, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.