[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Het ek ʼn keuse? – Deel 3

 Frans-Cronje_Wanda-Bam.jpg

Frans Cronjé en Wanda Bam tydens ‘n opname in die Kaapse Kansel ateljee.

“Ek glo dat God aan ons ʼn vrye wil gegee het. Elkeen van ons is uniek geskape, met jou eie verstand, liggaam en siel. Hy het ons die vermoë gegee om ons eie keuses te maak, met of sonder sy leiding. Elke keuse het gevolge waarvoor jy self verantwoordelikheid moet aanvaar.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.

In die program gesels Frans oor die keuses wat jy maak en hoe dit jou beïnvloed.

“Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie. Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys.” (Spreuke 3:5-6)

Meer oor die reeks:

Dié opname is deel van ʼn reeks en vervaardig deur Radio Kaapse Kansel. Dit vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ʼn betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.

Vind meer uit oor die rolprent, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.