[Luister] ‘Ontdek jou lewensdoel’: Is alles wat op aarde gebeur God se wil? – Deel 4

Ontdek-jou-lewensdoel_OMSLAG.jpg“Ek het grootgeword in ʼn tyd toe mense as enigiets gebeur het altyd gesê het: ‘Ag wel, dis God se wil.’ Vandag glo ek egter nie dis waar nie. God het ons vryheid van keuse gegee, maar weens ons sondige natuur leef ons ver van sy wil af.” Só skryf Frans Cronjé in sy boek, Ontdek jou lewensdoel.

In die program gesels Frans oor God se wil vir ons lewe.

“So moet julle bid: Onse Vader wat in die hemel is, laat u naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil ook op aarde geskied, net soos in die hemel.” Dit is wat Jesus sy dissipels geleer het.

Meer oor die reeks:

Dié opname is deel van ʼn reeks en vervaardig deur Radio Kaapse Kansel. Dit vorm deel van die 2018-Lewensdoel-veldtog, wat ten doel het om jonk en oud te inspireer om hul ware lewensdoel te ontdek en daardeur ʼn betekenisvolle verskil in die wêreld te maak.

Vind meer uit oor die rolprent, The Roar, en gaan lees meer oor Frans se boek, Ontdek jou lewensdoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.